

Spek en sampioen gevulde hoenderfilette
Plaas stukkies ontbytspek en liggebraaide sampioen skyfies op die fillette en vou hulle toe. Ek het Aromat by die sampioene gevoeg terwyl dit gebraai het. Plaas die fillette in ‘n oondbak en giet 250ml hoenderekstrak daaroor. Sprinkel kaas oor die fillette en bak in die oond by 180º vir 35 minute.
Saam met die hoender was daar Spinasie met spek en sampioene.
ADRIAN OLIVIER






