650 g koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
400 g suiker
250 g botter, by kamertemperatuur
250 ml karringmelk
10 ml koeksoda
1 eier
Voorverhit oond tot 200ºC. Smeer ‘n rolkoekpan van 45 x 30 x 2cm of bespuit dit met kleefwerende
middel. Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter met
vingerpunte in die meelmengsel totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van die karringmelk met die
koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml
van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot ‘n deeg.
Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op ‘n meelbestrooide deegplank om ‘n
wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens
uitmekaar in die pan. Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bak
hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak. Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle
oop en droog in ‘n koel oond uit.
Corne Liebenberg – Bron: Onthou jy nog? Anna Eksteen
Foto: Desmond Landsberg