(alhoewel ek nie weet of hulle meer skurwe Abrahams genoem kan word nie, maar darem)
Jy het nodig:
7 koppies nutty wheat meel
5 koppies koekmeel
30 ml kremetart
3 teelepels sout
680 ml bruinsuiker
500 g botter of margarien, by kamertemperatuur
750 ml karringmelk
20 ml koeksoda
3 eiers
2 koppies Post Toasties, fyngemaak
2 koppies klapper
1 koppie hawermout
Maak so:
Stel die oond op 200º C.
Smeer bakplaat met margarien of botter of spuit dit met Spray & Cook.
Meng die meel, kremetart en sout saam.
Voeg die suiker by en meng deur.
Vryf die botter of margarien met vingers in die meelmengsel totdat dit fyn krummels is.
Meng 50 ml van die karringmelk met die koeksoda en voeg by die meelmengsel.
Klits die res van karringmelk en eiers saam en voeg by die mengsel behalwe 50 ml waarmee jy later die stukke gaan verf.
meng alles goed tot ‘n stywe deeg. As dit te droog is voeg klein bietjie melk by maar die mengsel moet styf bly.
Verdeel in 16 ewe groot stukke.
Rol/fatsoeneer elke stuk in ‘n wors van ± 28 cm en sny in 4 stukke.
Druk die stukke effens plat met ‘n breë mes en plaas op die bakplaat.
Verf die stukke met die karringmelk-eiermengsel.
Plaas op die middelste rak in die oond en bak ± 30 minute tot mooi bruin.
Droog uit in oond teen 70º C.
Bon appetite!
Desmond Landsberg








