PIESANGBROOD MET HASELNEUTE
2 groot ryp piesangs
150 g botter
150 g suiker
2 groot eiers geskei
225 g bruismeel
½ teelepel koeksoda
5 ml vanilla of kaneel of suurlemoensap
Voeg gekapte neute by bv haselneute, pekanneute of walnuts.
As topping het ek bietjie creamcheese gemeng met versiersuiker tot loperige stroop, oor gegooi en fyn neute oorgestrooi.Room botter en suiker tot lig en romerig
Meng eiergele 1 vir 1 in. Voeg nou die piesang en geursel by en meng goed deur.
Sif die meel met soda bietjie vir bietjie by tot goed gemeng.
As dit styf is, voeg iets melk by maar onthou dat jy die eierwit ook by gaan vou.
Klits die witte tot styf en vou by.
Gooi in gesmeerde pan/ pannetjies en bak vir sowat 1 uur vir die brood of as in kleiner pannetjies.
Bak vir ongeveer 45 min by 180ºC.
RESEP EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot