LAAT ONTBYTE–BRUNCH
‘n Laatontbyt vind gewoontlik plaas tussen ontbyt- en middagetetyd, die kos is dus effens meer substansieel en verwant aan die soort kos wat by ‘n ligte noenmaal voorgesit word.
Die spyskaart moet bestaan uit beide ontbyt- en middagetedisse. Afhangende van die aantal gaste en die hoeveelheid hulp beskikbaar, kan alles of enige van die volgende voorgesit word:
eiers – alle vorms
spek, kippers, skelvis, worsies, gebraaide tamaties, pangebraaide aartappels, gebraaide sampioene, niertjies, tjops, biefstuk ens.
Bedien daarmee saam ook ‘n verskeidenheid brode, rolletjies, skons, muffins, plaatkoekies of pannekoek
Botter, verskeidenheid kase, konfyte en heuning.
Onhou om te beplan hoe jy alles gaan warm bedien, alternatiewelik, kry ‘n paar gasbraaiers en berei van die disse in die geselskap van die gaste.
Bied ook genoeg koffie, tee, vrugtesappe en koeldranke aan om meet te begin. Jou gaste sal waarskynlik wyn of vonkelwyn saam met die kos geniet, maak dus seker daar is genoeg voorraad in die kroeg.
SPYSKAART VOORSTELLING
BY AANKOMS: Vrugtesap, koffie of tee
Vonkelwyn met lemoensap
Sjampanje of wyn
Gestoomde aspersies met tuisgemaakte mayonnaise
Roereiers, gegarneer met repies rerookte salm en gekapte grasuie
Worsies (Bees, vark en chipolates)
Kippers in roomsous
Gebraaide tamaties
Gebraaide sampioene
Verskeidenheid kase
Tuisgebakte brood, muffins en croissants
Botter, konfyte en heuning
Borde vars vrugte of ligte vrugte mouse of sorbet.







