PEGGY SE GEMARINEERDE SAMPIOENE
1 knoffel toontjie
200 ml wit wyn asyn
125 ml olie
60 ml water
6 t – (35 ml) suiker
5 ml sout
5 swartpepper korrels
2 ml gedroogte oregano
2 heel naeltjies
1 lourier blaar
2 pk dwerg mushrooms (Woolies het lekker kleintjies) of
2 pk gehalveerde mushrooms
1 t chilli vlokkies
Skil en kneus knoffel. Verhit dit saam met res van bestanddele behalwe mushrooms. As sous kook gooi mushrooms by en kook met deksel vir 5 min. Gooi in n pirex bak met deksel ( sit vadoek onder op kas met bak bo-op, as kas te koud is kan die bak bars ) Laar afkoel. Verwyder die knoffel. Bottel in skoon flesse.
Kan gebruik as n slaai of n snack.
Na oopmaak plaas in yskas, hou nogal lank in yskas.
Baie lekker moet gewoonlik vir almal maak.
*My eie* Peggy Devine