INGELEGDE AVOKADOS
SOUS:
175 ml olyfolie
90 ml suurlemoensap
175 ml witspirits asyn
30 ml Country & Herb van Robertsons
gemaalde swartpeper
Giet bestanddele in ‘n fles en skud dit goed.
Skil en sny die avokados in kwarte of blokkies.
Bedruip dit met suurlemoensap, sodat dit nie swart word nie.
Sit avos en sous in glasbak en mikrogolf op 100% krag vir 1 minuut.
Laat effens afkoel en sit dit in ‘n gesteriliseerde fles saam met die sous.
Bottel, en verseël.
Raklewe: 2 maande
BRON: bottel en bere resepte