

PATRICIA SE PIESANGBROOD
6 ryp piesangs
1 ½ koppie suiker
2 koppies koekmeel
3 eiers
1½ ml koeksoda
½ koppie botter (125 g)
¼ teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
Stel oond op 180°C.
Maak piesangs fyn.
Klits suiker en sagte botter tot romerig.
Voeg eiers by.
Meng fyngedrukte piesangmoes by bottermengsel.
Sif sout. bakpoeier en meel saam.
Los koeksoda in 1 koppie melk op saam met vanilla.
Voeg droë bestanddele by piesang beslag saam met melk bietjies gewys by tot goed gemeng.
Gooi in gesmeerde panne bak vir 1 uur.
Bron: Patricia Rust Strydom – by my oorlede Ma gekry.






