

OUMA ELLA SE VLASKYWE
1 pak cream crackers
1 liter melk
250 ml wit suiker
50 g botter of margarine
125 ml koekmeel
100 ml mielieblom
10 ml vla
2 ml sout
100 ml water
3 eiers, geskei
5 ml vanielje
500 ml versiersuiker
40 ml kookwater
Spuit vlak bak, pak koekies 5 x 3 op die bodem met nate na een rigting. Verhit die melk tot kookpunt, voeg die suiker en margarine by, roer tot opgelos .Haal van stoof af. Meng saam koekmeel, mielieblom, vla en die sout. Maak aan met water, voeg die eiers by en klits baie goed, meng dit nou saam met die melk. As ek kan raad gee, gooi eers so 2 koppies van die warm melk by die beslag en gooi dan terug in die pot. Kook dit vir so 5 min laag tot dit lekker dik is en voeg dan vanielje by, roer goed, klits die eierwit styf en dis nou vinnig werk, meng dit saam met die beslag. Gooi uit oor die koekies en maak glad.
Pak dan nog 15 koekies op met nate selfde rigting as die onderstes. Sit in die yskas tot gestol en koud. Maak aan die versiersuiker en die kookwater en smeer oor. Die vlaskywe smaak meer na melktert as na vla. Geniet dit.
Resep en foto deur Anita Groenewald Olderwagen






