MOUSSAKA MET BABY MARROWS
500g maalvleis
olie om in te braai
2 uie
6 to 8 baby marrows in helfte of in skywe gesny afhangende van hul grootte (in plaas van eiervrug wat gewoonlik gebruik word)
4 medium groot aartappels, geskil en in skywe gesny
sout en peper na smaak
250ml vleisekstrak (bees blokkie in kookwater)
2 eetlepels tamatiepuree
2 gekapte tamaties.
1 lourierblaar
‘n paar naeltjies, koljanderkorrels en all spice korrels
Bechamelsous (witsous)
Braai gekapte uie in die olie tot sag en voeg die vleis by. Braai die vleis tot dit verbruin en voeg die vleisekstrak, speserye, sout en peper, lourierblaar, gekapte tamaties en tamatiepuree by. Laat prut tot die vloeistof geabsorbeer is.
Mikrogolf die baby marrows en aartappels tot gaar maar steeds ferm en berei die Bechamelsous voor. Resep is op die blog. Skep ‘n laag van die vleismengsel onder in ‘n diep gesmeerde oondbak, volg dit op met ‘n laag aartappels en dan ‘n laag baby marrows. Herhaal tot die bestanddele opgebruik is.met ‘n laag vleis heelbo. Rond af met ‘n dik laag Bechamelsous bo-op die vleis en sprinkle gerasperde Cheddarkaas daaroor. Bak by 180ºC vir 30 minute tot goudbruin.
Resep en foto: ADRIAN OLIVIER