MAANDAG PASTA
‘n Vinnige pastaresep is ‘n aanwins wanneer jy moeg by die huis kom – wanneer jy so vinnig moontlik wil eet! Hierdie is my resep vir ‘n Maandagaand…
500 g pasta
1 ui
250 g spek
30 ml tamatiesous
30 ml olie
30 ml asyn
30 ml suiker
30 ml blatjang
50 ml botter
60 g wituiesoppoeier
500 ml melk
250 ml gerasperde kaas
5 ml suiker
Kook die pasta in baie water tot sag. Braai die uie en spek saam in ‘n bietjie olie oor matige hitte. Gooi die tamatiesous, olie, asyn, suiker en blatjang by wanneer die spek gaar is en die uie sag, en verlaag die hitte. Maak intussen ‘n witsous deur die botter te smelt, die uiesoppoeier by te roer en dan die melk bietjie-bietjie by te roer sodat dit nie klonte maak nie. Roer laastens die kaas en suiker by.
Meng alles saam en geur met swartpeper.
Vir ‘n vinnige pastaslaai, kan jy die eerste deel van die resep volg, sonder die witsous.








