LOUW SE OORSKIET VISKOEKIES
Nie veel van ‘n resep nie – ek is ‘n self aangedrewe koker! Maak maar wat ek het. So ver ek kan onthou was dit:
So 200 g kabbeljou wat oorgebly het van twee dae terug se vis en tjips (fried)
1 blikkie tuna
1 handvol pietersielie, fyn gekap
1 eetlepel meel
1 eier
± 300 g kapokaartappels
80 g gerasperde Cheddar kaas
sout en peper
‘n paar teelepels suurlemoensap, opsioneel
Meng alles saam, rol balletjies so tennisbal grootte, druk bietjie plat en bedek met bietjie ekstra meel.
Hou so ‘n uur in die yskas en bak dan in vlak olie, twee minute per kant op medium hitte.
Maak altyd viskoek van oorbly visetes!
O ja en die oorsponklike vis en tjips was tuisgemaak, nie take away nie!
Resep en foto: Louw Coetzee