KLAPPER NESSIES
Het sopas die lekkerste klapper nessies gebak.
2 koppies koekmeel
2 koppies klapper
2 eetlepels botter
knippie sout
3 eiers, geskei
1 koppie suiker
4 teelepels bakpoeier
appelkooskonfyt, of enige konfyt van jou smaak
ekstra klapper, om in te rol
Room botter en suiker.
Klits eiergele by.
Voeg styfgeklopte eierwitte by en dan die sout.
Voeg klapper, koekmeel en bakpoeier by.
Vorm ronde balletjies met hand en rol in klapper.
Maak gaatjie in die middel met mes punt en vul met konfyt.
Bak vir 3 – 4 min in matige oond. (Ek het dit vir so 10 min by 200 ºC gebak)
BRON- Irene Ludick
FOTO- Michelle Ludick