

LORRAINE SE MELKTERT
Hierdie resep is al vir bykans 30 jr in ons familie.
Bring die volgende tot kookpunt.
1 liter melk
2 teelepels vanilla geursel
1 eetlepels margarien
1 koppie suiker
Knypie sout
Meng die volgende en voeg by gekookte melk.
3 eetlepes maizena
3 eetlepels koekmeel
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)
Roer vinnig tot dit dik is, draai plaat stadig.
Klits 3 eierwitte styf en voeg by mengsel. Baie belangrik, dit maak dit vulsel “lig en romerig”.
Skep in voorafgebakte tertdeeg, ek pak sommer tennisbeskuitjies in bak of maak dit fyn, eie keuse en voeg melktertmengsel stadig daarop.
Strooi bietjie kaneel bo-oor.
Sit in yskas om te stol.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand






