KEKERERTJIE EN TUNA VISKOEKIES
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eiers
60 ml (¼ koppie) vars koljander, gekap
2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
sout en peper
250 ml (1 koppie) broodkrummels
Druk die kekerertjies fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng. Geur met sout en peper.
Vorm koekies; verkoel 30 minute. Vlakbraai en dreineer.
Vir voorsit:
Verhit die botter en roerbraai die groente.
Sit voor saam met Griekse jogurt, oor die tunakoekies.
En eie tuisgemaakte beet.








