HEERLIKE GOULASH
Neem 1/2 koppie koekmeel, voeg sout en peper en watter speserye jy ook al wil by, ek het koljander en komyn bygevoeg. Gooi die blokkie vleis by die meel en skud goed tot bedek. Braai die blikkies in olie tot bruin. EK het seker gemaak dat ek elke keer wat ek die blokkies vleis uit die olie haal ek die pansappe oor die blokkies gooi.
Braai intussen jou uie en ek het twee toontjies knoffel by die 4 gesnyde uie gevoeg tot glasig en sag. Voeg die vleis by uie en braai nog effens. Toe het ek ‘n blokkie aftreksel in ‘n koppie kookwater opgelos en bietjies-bietjies by die vleis gegooi. Toe ek voel die vleis begin sag raak het ek het eers 2 wortels in stukke gesny en 2 aartappels in blokke gesny bygevoeg en toe later die wyn want ek was bang die wyn kleur die aartappels en stadig laat prut
Bron en Foto: Mara van Zyl








