GERRIE SE KERRIE
1 kg maalvleis
2 groot uie
1 medium groen soetrissie
1 medium rooi soetrissie
7 medium groot aartappels
2 x 410 g blikkies kerriegroente (820 g)
4 eetlepels kookolie (60 ml)
4 eetlepels Worcestersous (60 ml)
3 ½ eetlepels gekneusde knoffel (50 g)
3 eetlepels suiker (45 g)
3 eetlepels matige kerriepoeier (45 g)
1 ½ eetlepels borrie (25 g)
2 teelepels sout (10 g)
1 teelepels wit peper (5 g)
3 eetlepels maalvleisspeserye (40 g)
1 ½ eetlepels suurlemoenpeper (25 g)
1½ eetlepels hoenderspeserye (25 g)
2 bief knorrox blokkies
2 hoender knorrox blokkies
2 eetlepels balsamiese asyn (30 ml)
Kerf die uie, en soetrissies fyn.
Sny die aartappels op in blokkies (20 mm²) en gooi in bak met water.
Verhit die kookolie op nr. 4 tot warm.
Gooi die gekerfde uie en soetrissies by die kookolie en braai tot deurskynend.
Gooi die knoffel en suiker by en braai tot gekarameliseerd.
Voeg die maalvleis by.
Gooi die sout, wit peper suurlemoenpeper hoenderspeserye en Worcestersous volgende by die maalvleis en roer deeglik.
Braai die maalvleis tot gaar.
Plaas die bief en hoender knorrox blokkies, borrie en asyn in ‘n aparte houer en los op in 850 ml kookwater.
Voeg die oplossing by die maalvleis.
Spoel die aartappelblokkies af en verwyder die water.
Voeg die aartappelblokkies by en roer.
Kook op nr. 4 en roer gereeld tot die aartappels semi-sag is.
Voeg die blikkies kerriegroente by en kook tot die aartappels sag is.
Opdiening:
Bedien op geelrys.
Voeg die volgende, optioneel by volgens smaak:
Fyn gekerfde vars tamatie en uie of:
Mrs. Balls blatjang
klapper
piesang skyfies
….en miskien ‘n glasie melk (indien weerstandsvlakke teen warm-gekruide-disse dit vereis.
Resep en foto: Gerrie Janse van Vuuren








