FLORAINE SE SJOKOLADE PANKOEK
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker
10 ml bakpoeier
125 g regte botter gesmelt
10 ml vanilla
45 ml kakao bygesit
Skei eiers, gooi 1/2 koppie suiker by wit en 1/2 koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel en botter baie goed.
Sit die twee mengsels bymekaar.
Meng kakao en koekmeel en voeg meelmengsel bietjies gewys by die eiermengsel.
Voeg vanilla by, meng goed.
Skep in vierkantinge koekpan wat gespuit is, indien verkies, of in twee koek panne.
Bak in oond by 180 º C vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Versiersel:
Meng gekookte kondensmelk met 30 ml kakao poeier en 1 fyn flake, en versier wanneer koek heeltamal koud is.
Nota:
Die geheim van hierdie koek is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter









geskuif