Meng al die marinade-bestanddele saam. Giet oor hoenderstukke en marineer vir omtrent 1 uur in yskas.
Plaas hoender in ’n swaarboomkastrol en kook vir ongeveer 45 minute in die marinade. Draai hoender gereeld om.
Skep die meeste van sous af en braai die hoenderstukke in die laaste bietjie marinade tot goudbruin.
Sit warm voor met ’n stysel of groente na smaak.
Foto: Gideon Louw








