“LASAGNE” SONDER PASTA
Ek het ‘n basiese maalvleismengsel gemaak (uie en maalvleis gebraai, pakkie tamatiepasta, speserye). Skep rou gekapte kool in oondvaste bak, gaar maalvleis bo-op, nog ‘n laag kool. Skep dan witsous oor en gerasperde kaas. Sit vir 30min in oond tot kool gaar is en kaas gesmelt het.
Foto en resep geplaas deur RuaanEmmarentia Bolton