CHRISTA SE FILLET IN ‘N BAKSAKKIE
Hierdie resep het nou fantasties geproe… ek deel dit graag: Smeer die Fillet met Red Meat Spices in en sout en peper na smaak, druk 2 opgekapte knoffelhuisies in die fillet in, en dan sny jy twee uie op en braai tot sag, gooi dan die volgende bestanddele by die uie en laat prut vir 1 minuut:
1/2 koppie blatjang
1/2 koppie tamatiesous
30 ml worcestersous
2 eetlepels suiker
2 teelepels (Ricoffy) koffie
2 eetlepels suurlemoensap
Sit die Fillet in ‘n braaisakkie, en bedrup dit met die sous, maak seker die hele Fillet is bedek met die sous, sit die sakkie met fillet en sous in die oond en bak 3 – 4 ure of soos verlang, dit het sappig en souserig en heerlik uitgekom… ‘n moet om te probeer
Resep: Christa Fourie
Foto: Diane Roode Hancox
Ek het die Fillet toe gedoen, die resep van Christa. Ek het net Sweet Chille Sauce by gevoeg en dit in my Argilla Bak, gebak… 2 en half uur. Sooooo sag en sappig, wou uit mekaar val.. los ek dit in die sous tot heel te maal afgekoel. Heerlik. Die kinders in gestap en vra wat ruik soooo lekker… hulle was mal oor die sous








