BEESROL MET GROENTE
Die vleis is net ‘n beef roll wat ek in die oond gebak het met ‘n klein bietjie bier geen olie en pepperdew spices. As die vleis gaar is haal uit en bedek met foil soos n kombersie. bak dan die aartappels in daai sousie van die vleis tot sag. Gooi so klein bietjie spices oor. Daarna net rys gemaak. My spinasie is rou spinasie kook tot sag saam een groot aartappel en n halwe ui fyn gesny met sout en swart peper.. Voeg by as spinasie sag en niks meer water in nie n bietjie room en een eetlepel smeerkaas by. Jy kan self kies hoeveel room. Meng goed skep in bak en sit feta kaas bo oor.
Marlene Minderon