ALLERLEKKERSTE SJOKOLADEKOEK
STROOP
250 ml suiker
250 ml water
Verhit die suiker en water tot kookpunt. Roer totdat die suiker opgelos is.
Laat die stroop heeltemal afkoel. Hou eenkant.
BESLAG
250 ml ongesifte koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout
250 g botter
100 g suiker
1 blok donker sjokolade
5 eiers
30 ml brandewyn
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer die koekpan van 25 cm in deursnit en 11 cm diep of spuit met kleefwerende middel.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam (hou eenkant).
Smelt die botter, suiker en donker sjokolade saam oor kookwater.
Giet die mengsel in ‘n mengbak en klits die eiers een-vir-een by. Klits goed na elke byvoeging.
Voeg die brandewyn by. Klits weer goed.
Vou die gesifte droë bestanddele bietjiesgewys by die eiermengsel. (Die deeg is slap).
Skep die deeg in die koekpan en bak vir 40 tot 45 minute tot gaar.
Giet die koue stroop stadig oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat dit in die pan afkoel.
VERSIERSEL
1 Groot blok heelneutsjokolade en 30 ml melk.
Smelt die heelneutsjokolade en melk saam oor lae hitte
Keer die koek versigtig uit op ‘n dienbord. Giet die versiersel bo-oor.
Resep en foto: Melanie Basson Poodhun








