

SOET MOSTERDSOUS
1 blik kondensmelk
1-3 eetlepels mosterdpoeier (hoe sterk jy wil hê)
‘n derde koppie wit asyn
Meng mosterdpoeier en asyn, voeg by konsensmelk, mewng baie baie goed en laat oornag staan.
OF:
1 koppie water
1 koppie asyn
1 koppie suiker
Bring tot kook.
Meng die volgende en voeg by asynmengsel:
3 eetlepels mosterdpoeier
bietjie borrie
1 teelepel maizena
Kook vir 2 min saam.
Resep: Lindie Lezar






