

MARSALA BROOD
Hier is my bier en masala brood resep!!! Dit is dood eenvoudig en GOEDKOOP!! Perfek vir ons studente! Die resep is as volg:
STAP 1:
Dit is 1 klein ui en 1 pakkie spek fyn gesny en in ‘n pan gebraai. Oor die sprinkel jy 1-2 teelepels robertson mixed herbs en om en by 1-3 knippies masala poeier {chilli poeier}. Skep dit dan uit die pan uit en laat dit bietjie afkoel.
STAP 2: Dit is 3 koppies koekmeel, 3 teelepels bakpoeier, 1 teelepel sout, ¼ koppie suiker… Alles saam gesif. Dan meng jy dit met een botteltjie bier, verkieslik black lable.
STAP 3: Rasper om en by 1 koppie kaas, verkieslik Matured cheddar.
STAP 4: Meng die deeg, spekmengsel en kaas saam, skep dit dan in ‘n broodpan wat gesmeer is met botter of spray en cook. Plaas dit dan in die oond wat kla verhit tot 180 ºC.
Bak vir 45-55 min.
STAP 5: Smelt so 2 eetlepels egte botter en smeer dit oor die bo kant van die brood.
Bak die brood dan nog so 3min. ENJOY!!!!!
Resep en foto: Johan Haarhoff






