Vir die ouens wat van brandgoed hou.
12 gedroogte rooi rissies
480ml sonneblomolie
22,5 ml rooipeper
30ml sesame olie
Metode:
Kap rissies fyn.
Voeg olie by en prut vir 10 min. Pasop vir te warm word moenie olie oorverhit.
Laat afkoel.
Roer rooipeper en sesame olie by. Roer goed. Sit deksel op en laat 12 uur staan..
Volgende dag syg olie deur n moeselien doek..
Gooi in gesteriliseerde bottel.
Voeg 3 of 4 heel rissies by. Dit moet droe rissies wees.
Verseel bottel.
Rissies wat in olie gebraai word stel sy geur gouer vry.
Kan gebruik word om vleis gaar te maak, of as slaaisous.
Gee n heerlike geur aan kos.
Alletta Strydom






