

MARIAN SE MALVAPOEDING MET SJOKOLADESOUS
Resep geplaas en foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Eerstens ek maak dit sommer aan in die bak waarin ek dit gaan bak. Probeer so min as moontlik skottelgoed maak en ek het dit dubbel aangemaak.
1 koppie melk
1 koppie koekmeel
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 eetlepel asyn
1 teelepel bakpoeier
1 eier
Klits eier en suiker liggies voeg stroop en asyn by.
Sif droë bestanddele by en meng. Kook melk en voeg die koeksoda daarby ( onthou gebruik ‘n beker, want dit raak meer, voeg by mengsel en roer tot geen klonte.
Bak vir ongeveer ½ uur op 160ºC.
Sous
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 eetlepel vanilla geursel
½ koppie water
¼ koppie botter
Kook saam in mikrogolf.
Steek poeding vol gate. Skep die sous oor die poeding as dit uit oond kom.
Sjokoladesous:
250 ml room
1 groot slab sjokolade
1 eetlepel botter
Plaas die room in ‘n pot en breek die sjokolade daarin. Moenie dat dit kook nie.
So gebruik lae hitte tot sjokolade gesmelt is, roer die hele tyd.
Haal van die hitte af en voeg die botter by.
Roer deur tot alles opgelos en gemeng is.
Skep die sous bo oor diepoeding.
Enjoy!!!!






