LEKKER BROODVINGERS
Meng 250 g margarien, met 1 pakkie wit uie soppoeier en marmite, sny dan genoeg brood in lekker vingers, smeer die brood vingers daarmee. Pak op ‘n bakplaat en droog in die oond soos mens beskuit uitdroog. Bere in lugdigte houer en eet as ‘n lekker middag ” snackie” saam met jou koffie of sny die vingers mooi klein en fyn en bedien dit saam met jou “drankies”
Hierdie lekker reseppie is vir ons gegee deur Ninnie Du Toit.
Baie baie dankie









