

KOMKOMMERHAPPIES
‘n idee vir die ligte middagete. Ek het nie ‘n beter foto nie, maar dis die goedjies in die middel van die foto. Dit moet ook netjieser gedoen wees en korter gesny word. Die resep gebruik een komkommer, so mens moet aanpas vir die hoeveelheid wat jy nodig het.
1 groot komkommer
100g geblikte sardientjies
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels mayonnaise
1 hardgekookte eier
Sny die komkommer in 25mm skywe. Hol die middle van elke skyf versigtig uit om klein bakkies te maak, maar wees versigtig om ‘n bodem te laat. Beskprinkel die bakkies met sout en plaas hulle onderstebo om vir ten minste 30 minute te dreineer.. Dreineer helfte van die olie van die sardientjies en maak ‘n pasta van die sardientjies en die eier. Meng peper, suurlemoensap en genoeg mayonnaise daarby om ‘n gladde, maar nie te loperige mengsel te maak. Vee die komkommerbakkies droog en vul met die sardientjiemengsel.
As alternatief kan fyn tuna met hierdie mengsel gebruik word. Fyngemaakte hoender en mayonnaise of ham en roomkaas kan ook as alternatiewe vulsels oorweeg word.
ADAM CLOETE






