


KERRIE UIE SLAAI
RESEP EN 1STE FOTO: Corne Liebenberg
2DE FOTO: Santie Carelse
FOOD LOVERS RECIPES
6 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ koppie) bruinasyn
60 ml (¼ koppie) water
45 ml (3 eetlepels) suiker
5 ml (1 teelepel) borrie
10 ml (2 teelepels) kerriepoeier
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak
Kook alles saam vir 10 minute.
Bottel in gesteriliseerde glasbottels terwyl dit nog warm is.
Heeeeeeeerlik saam met braaivleis.







Santie Carelse
Ek het die gebottelde kerrie-uie resep op die blad gekry en gemaak. Want dis maklik (my soort resep), goedkoop ( my beursie love dit) en vinnig.(iets waarvan my seer kniee hou).
My manne in die huis sal nie by n tafel aansit vir ete as daar nie n bottel kerrie-uie by is nie! Dit is die heerlikste lekkerte wat daar is volgens hulle!
DANKIE Food Lovers!!