

HOENDERKOP MAROELAS
Nog iets met maroelas.
Neem lekker ryp maroelas, prik oral met ‘n stopnaald, pak in gesterileerde fles, gooi enige wit drank oor tot die bottel amper vol is. (Cane , vodka of Gin)
Gooi ongeveel ‘n halwe koppie strooisuiker bo-oor, maak die bottel heeltemal vol met die drank en seël.
Skud die bottel en bere in donker kas vir so twee weke. Heerlik op roomys.
Resep: Martie Fourie Moolman






