
GEVULDE EIERS VIR PLATTERS
‘n Gevulde eiertjie laat jou platters altyd mooi vertoon en almal is lief daarvoor.
Sny die gaar eier horisontaal deur (as jy die eier regop hou). Sny dan ‘n klein skyfie onder af om dit maklik regop te laat staan.
Ek meng die eiergeel vulsel in die voedselverwerker en sit dit dan in my stokou versierbuis en spuit dit in die eiers.
Meng die gele met ‘n knippie kerriepoeier, borrie, gegeurde seesout, 2 eetlepels gladde maaskaas en 2 eetlepels mayonnaise.
Eenvoudig en heerlik.
Bron: Louise Groenewald






