

GEBAKTE UIEVLA
2 groot uie, in ringe gesny
olie
2 ekstra groot eiers, geskei
250 ml melk
250 ml cheddarkaas, gerasper
5 ml sout
Voorverhit oond tot 180°C en spuit ‘n oondvaste bak met kossproei.
Giet kookwater oor uie, laat ‘n rukkie staan en dreineer goed. Soteer in bietjie olie tot sag. Skep die uie in die oondvaste bak.
Klits eiergele en melk saam. Voeg die kaas by en geur met sout en peper. Klits eierwitte styf en vou by kaasmengsel in.
Giet oor die uie en meng liggies.
Bak sowat 30-35 minute lank of tot vla gestol is.
Sit dadelik voor saam met ham of wors.
Genoeg vir 4 porsies
Uit my resepteversameling van 40 jaar – Cecilia Bedser






