FRIKKADELLE MET SOETSUURSOUS
Brineel se Mamma se Frikadelle met soetsuursous….HEERLIK
Jy kan jou eie frikkadel resep gebruik en net die sous oorskep bedien met gebakte aartappel en mengelslaai dit maak ‘n taai sous
Frikkadel resep
1 kg maalvleis
2 aartappels geskil en grof gerasper
100 ml melk
2 snye witbrood in water geweek en dan gedreineer
2 uie grof gerasper
1 pakkie sampioen soppoeier
12.5 ml asyn
Voorverhit oond tot 180 ºC
Meng al die bestanddele deeglik. Maak frikkadelle middelmatige grootte en pak in ‘n gesmeerde oond pan
Soetsuur sous
160 ml sagte bruinsuiker
60 ml worcestersous
30 ml blatjang
90 ml tamatiesous
60 ml matige mosterd
‘n paar druppels tabasco sous
Meng al die sous bestanddele en skep oor frikkadelle. Bak onbedek vir 25 min
Draai na die eerste 15 min om en skep van die sous oor
Maak 8 porsies








