

ELIZE SE ASPERSIETERT
DEEG
250 ml koekmeel
Knippie sout
15 ml strooisuiker
125 ml botter
Meng koekmeel, sout en strooiskuiker. Rasper en vryf die botter daarin tot dit krummelrig is of gebruik n voedselverwerker. Druk mengsel op die boom en teen die kante van n groot tertbord vas. Skep tertvulsel daarin soos aangedui.
TERTVULSEL
30 ml koekmeel
30 ml botter
2,5 ml sout
1 ml rooipeper
250 ml melk
2 eiers geskei
250 ml gerasperde cheddarkaas
15 ml gekapte ui
15 ml botter
1 blik aspersies
Voorverhit die oond tot 200C. Voer die tertbord uit met die deeg. Maak n witsous van die koekmeel, botter, sout, rooipeper en vloeistof. Voeg geklitste eiergele en kaas daarby. Meng goed. Braai ui goudbruin in die 15ml botter en voeg by. Sny aspersies in stukkies en roer in mengsel. Klits eierwitte styf en vou in. Giet mengsel in tertkors. Bak 30min lank en verminder hitte na die eerste 10min na 180ºC
Nota: 2.5 ml van mostertpoeier, paprika en swartpeper elk bygesit vir ń bietjie byt….
Foto en resep: Elize de Kock







Elize Grobbelaar
2.5ml van mostertpoeier, paprika en swartpeper elk bygesit vir ń bietjie byt….