BOTTERSKORSIETERT
125 g margarien
1 koppie suiker
3 eiers
1 koppie koekmeel
3 teelepel bakpoeier
2 ml sout
3 koppie Botterskorsie blokkies
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel fyn kaneel
Kaneelsuiker
Kook botterskorsie tot gaar, maak fyn en laat koud word.
Smelt margarien, voeg suiker by en meng.
Klits eiers voeg by.
Sif meel en sout en meng by.
Voeg 3 koppies fyn botterskorsie by en meng goed.
Meng bakpoeier en vanilla by mensgel in en dan 1 teelepel fyn kaneel.
Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute by 180º C tot gaar.
Strooi kaneelsuiker oor wanneer uit oond kom.
Voor opdiening kan weer bietjie kaneelsuiker oorstrooi en maak warm as dit nie dadelik bedien word nie.
Foto: Marie Dumas Jennings
Resep: Cecelia Dumas Nortje








