

WORTELKOEK VIR TROUKOEKE
Klits die volgende saam:
2 koppies suiker
1 koppie olie
3 eiers
1 blik crushed pynappel
2 koppies gerasperde wortels
2 koppies sultanas gebleik
1 teelepel vanilla geursel
Sif die volgende saam en voeg by natmengsel, roer tot net gemeng.
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
5 ml sout
5 ml kaneel
5 ml koeksoda
Sit in 2 voorbereide panne van 23 cm elk.
Bak in voorverhitte oond 180 ºC. vir 1 uur.
Los in pan vir 20 min. Keer uit en laat heeltemal afkoel.
Versiering van jou keuse.
Resep en foto: Alletta Strydom






