VISKOEKIES UIT ‘N BLIKKIE – VERSKEIE RESEPTE
Hier is ‘n verskeidenheid van idees van ons lesers:
Floraine Wasserman Venter
Ook heerlik as jy op 1 blik vis, 1 groot pak sout en asyn tjips grof gedruk, 2 eiers, 4 eelepelts koekmeel, 5 ml bakpoeier, visspeserye, ekstra sout en asyn geursel, bietjie melk. Vorm en bak, bedien met dik kaaswitsous en groente of slaai
*******************
Lindie Ferreira
3 x potatoes peeled and cut into chunks
2 x 170g tuna
2 x eggs, lightly beaten
1 x small onion, finely chopped
30 ml chopped parsley
Black pepper
Mix all ingredients and fry in oil.
*******************
Stompie Theron Borman
Pieter Coetzee hier is resep vir viskoekies ek maak dit altyd myne maak ek net van tamatievis of vaalvis 400 g-410 g soos ons die noem wat nie in tamatiesous is nie ek het al met tuna ook gemaak :
Viskoekies van Pilchards: Klits 2 eiers. Voeg daarby 1 blik vis 400 g-410 g, ¼ koppie asyn, sout en peper na smaak, 1 klein gesnipperde ui( as daar te veel sous in blik is dreineer party af) Meng 1 teelepel bakpoeier in 1 koppie koekmeel. Voeg dit by die vorige mengsel. Dit vorm stywerige deeg. Skep eetlepels vol in warm olie en bak tot goudbruin
*******************
2 blikkies Tuna
1 klein ui, fyn gekap
1 fyngemaakte knoffelhuisie
3 eetlepels vars pietersielie
2 eetlepels vars of gedroogte orego
100 ml hawermout
90 ml koekmeel
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
75 ml melk
½ koppie soetbrandrissiesous
1 eetlepel HP-sous
sout en peper na smaak
olyfolie om viskoekies in te braai
Maak vis fyn, en meng met die res van die bestandele.
Mengsel moet stadig van ‘n lepel afdrup, en nie te styf wees nie.
Verhit olie in pan, en braai lepels vol deeg op ‘n slag, ‘n paar minute aan elke kant, tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met soet brandrissiesous, avokado en kapokaartappels.
Bron; RSG Heleen se viskoekies
**********************
Stompie Theron Borman
Wat ook lekker is as jy die vis met witsous en gebraaide uie maak en dan pannekoek bak en die vis in die pannekoek sit en dit met sous van 1 koppie room en 1 koppie tamatiesous opdien. Skep dit sommer oor die pannekoeke in opdienbak en bak in oond tot sous warm is
**********************
Michelle Joubert
Pieter Coetzee ek voeg meel by tot die beslag styf genoeg is om in balletjies te rol. Hang maar af of jy die tamatiesous van die vis wil gebruik of nie. Ons maak die gewoonlik met die sous…ons haal net die fyn grate van die pilchards uit
**********************
Floraine Wasserman Venter
Ook heerlik as jy op 1 blik vis, 1 groot pak sout en asyn tjips grof gedruk, 2 eiers, 4 eetlepel koekmeel, 5 ml bakpoeier, visspeserye, ekstra sout en asyn geursel, bietjie melk. Vorm en bak, bedien met dik kaaswitsous en groente of slaai









Marlene Mouton Carstens
Ek het die een gemaak met die chips in
Ek wil volgende keer miskien so 2 wortels by in rasper en proe hoe dit gaan smaak. Ek gebruik 2 blikkies vis … en verdubbel al die bestanddele