SKAAPSKENKEL IN ROOIWYN
(my gunsteling-resep).
Was skaapskenkels en droog af met kombuis-papierrol.
Sit koekmeel in ‘n plastiese sak met gemengde kruie, sout en peper (afhangende van aantal skaapskenkels).
Sit skaapskenkels in die meelmengsel sodat die skenkel heeltemal bedek. (Skud oortollige meel af).
Braai skenkels tot ligbruin en sit in ‘n ysterpot (vir oond) of “slow cooker”.
Giet goeie rooi wyn by. (Die meelmengsel help om sous te verdik).
Sit ‘n paar spriete roosmaryn by en bak/kook oor ‘n stadige hitte tot gaar en van die been afval.
Bedien met rys/kapokaartappel en groente van keuse.
BRON- Elize Colton