

SAPPIGE HEEL HOENDER
Hierdie hoender kan ek nou regtig aanbeveel.
Ek het ‘n heel hoender gevat en hom op die borskant oopgesny en plat gedruk, toe giet ek ‘n botteltjie Knorr Light Italian Salad Dressing oor die hele hoender. Plaas hom in die oond (oop) by so 160 ºC (waaier oond), na ‘n uur het hy gelyk soos op foto 1.
Ek het hom toe omgedraai en bietjie hoender speserye en gegeurde sout oorgesprinkel, van die sous oor hom geskep, toe gemaak met foil en nog ‘n ½ uur in die oond gesit. Die sousie was heerlik, net reg vir die rys, en die hoender was heerlik sappig.
Bedien met soet pampoen, room spinasie en beetslaai (aparte bordjie)
Resep en foto: Rina Kleinhans






