
HUISHOUDELIKE WENKE WAT WERK
Om jellie vinnig te lat stol,voeg ñ knippie koeksoda by
Om ñ visreuk uit die kombuis te verwyder, kook bietjeie tee in die pan waarin die vis gebak is
Voeg asyn by die water waarin kool gekook word, of plaas ‘n sny brood bo-op om die koolreuk te absorbeer
Vryf ‘n bietjie suiker in handpalms om uiereuk te verwyder.Onthou ook om altyd die hande in KOUE water te was nadat jy met uie gewerk het
Gooi kookwater oor rou aartappelskyfies, maak droog en bak soos gewoontlik, die skyfies is dan heerlik bros
‘n Suurlemoen en ‘n bietjie sout sal die broodplank altyd mooi wit hou
Voeg ‘n eetlepel kookolie by die water waarin beet kook om te verhoed dat dit oorkook
Doop piesang of advokadopeer, skil en al, 2 sekondes lank in kookwater om verkleuring te voorkom
As daar ‘n vetterige laag op sop is, gooi paar ysblokkies daarin, die vet sal aan die ys vassit






