6 hoenderporsies
sout en peper na smaak
olie
2 groot aartappels, geskil en in stukke gesny
2 wortels, geskil en in stukke gesny
300g blomkool en broccoli stukkies
1 ui, in wiggies gesny
10ml geroosterde kerriepoeier
250 ml room
1. Geur die hoender met sout en peper en braai in bietjie olie tot bruin. Pak in oondvaste bak.
2. Pak al die groente behalwe die ui bo-op en geur met sout en peper.
3. Braai die ui in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die kerrie by en roerbraai effens. Voeg die room by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper.
4. Giet die kerriesous oor die hoender en groentes, bedek en bak tot gaar. Verwyder die deksel vir die laaste 10 min.
Foto en resep geplaas deur Dulcken Dwyer