PASTORIE HOENDER
1 hoender of so 9/10 stukke
hoenderspeserye en sout na smaak
500 ml rou rys
1 pakkie sampioen of beesvleis en groentesop
blikkie uie-en-tamatie smoor
500 ml kookwater
Sny hoender in porsies en geur deeglik met speserye en sout.
Strooi rys in groot oondskottel en strooi soppoeier bo-oor.
Smoor uie en tamaties, voeg die kookwater by en meng. Giet oor rys en soppoeier. Druk gate of roer bietjie.
Pak hoenderstukke bo-op. Sit deksel op en plaas in oond. Bak teen 180°C vir minstens ± 90 min toe en dan nog so 15 min oop.
Lewer 6 – 8 porsies.
PASTORIE HOENDER
Baie lekker! Ek’t net my eie tamatie en uie gemaak nie ‘n blikkie gebruik nie. En volgende keer sal ek so halwe koppie water by sit! Hou van baie sous!
Resep: Benhet Nieuwenhuis
Foto: Leonie Overbeek
Elza Kemp
My weergawe van ‘Pastorie hoender’: 1 koppie rou rys onder in oondbak. Volg dan op met ‘n lagie dun gesnyde aartappel skywe, lagie wortelrepies en lagie ertjies. Pak hoenderporsies bo-op en geur met hoenderspeserye.
Meng saam:
1 pakkie groentesoppoeier
500 ml kookwater
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
½ koppie mayonnaise
Giet oor die hoender, plaas deksel op en plaas in oond tot gaar.
Haal deksel net voor opdiening af sodat hoender effens kan verbruin.
Voeg gereeld bietjie water by sous sodat gereg nie droog raak nie, anders word rys nie mooi gaar nie.

Variasie: Nicole Venter
Sit 1 koppie wit basmati rys onder in diep bak, strooi ‘n ½ koppie heel pit mielies (gevries, gestoom) bo oor asook ½ pakkie “cream of chicken” sop.
Marineer “starpack” hoender vir so 2 ure in mengsel van – paar takkies coriander (fyn gesny), paar takkies tiemie (fyn gesny), 2 knoffelhuisies (fyn gekap), 1 eetlepel gerookte paprike, 1 groot suurlemoen (in kwarte gesny, sap uitgedruk in mengsel), 2 eetlepels olyfolie.
Braai die hoender in ‘n pan. Skep uit wanneer lekker bruin.
Voeg 1 blikkie fyn gekapte tamaties in die pan wat gebruik is om hoender te bruin. Sit ook die oorblywende marinade by asook 1 koppie kook water. Meng goed – krap al die “juices” van die pan bodem los.
Skep die tamatiemengsel oor die rysmengsel, meng lekker. Pak hoender stukke bo op, en maak toe met foelie of deksel. Plaas in voorverhitte oond (180°C) vir 70 – 90 minute. Kan heel aan einde die hoender bietjie “grill” in oond.









Variasie:
Gooi 1 koppie wit basmati rys onder in diep bak, gooi 1/2 koppie heel pit mielies (gevries, gestoom) bo oor asook 1/2 pakkie “cream of chicken” sop.
Marineer “starpack” hoender vir so 2 ure in mengsel van – paar takkies coriander (fyn gesny), paar takkies tiemie (fyn gesny), 2 garlic cloves (fyn gekap), 1 eetlepel gerookte paprike, 1 groot suurlemoen (in kwarte gesny, sap uitgedruk in mengsel), 2 eetlepels olyfolie.
Braai die hoender in pan. Skep uit wanneer lekker bruin.
Gooi 1 blikkie fyn gekapte tamaties in die pan wat gebruik is om hoender te bruin. Gooi ook oorblywende marinade by asook 1 koppie kook water. Meng goed – krap al die “juices” van die pan bodem.
Gooi die tamatie mengsel oor die rys mengsel, meng lekker. Pak hoender stukke bo op, en maak toe met voelie of deksel. Plaas in voorverhitte oond (180 grade celcius) vir 70 – 90 minute. Kan heel aan einde die hoender bietjie “grill” in oond.
Hierdie is ‘n absolute staatmaker! My man hou van lekker outydse kos en is mal hieroor. Ek maak dit baie gereeld. Jy kan dit selfs in ‘n potjie oor die vuur maak terwyl jy rustig rondom die pot kuier 🙂