KERRIEBOONTJIES
Boontjies uit my eie tuin uit
2 kg boontjies,gekerf
1 kg uie,geskil en gekerf
3 koppies asyn
2 koppies suiker+3 eetlepels suiker
1/4 koppie kerriepoeier
1/4 koppie maizena
2 teelepels borrie
1 teelepel mosterdpoeier
3 teelepels sout
Kerf boontjies en kerf uie fyn
Skep in ‘n groot emalje kastrol en gooi genoeg water by
Verhit tot kookpunt en kook tot boontjies sag is,water die boontjies af, gooi 2 koppies asyn, 2 koppies suiker en sout by die boontjies en laat dit net opkook
Meng die kerriepoeier,maizena, 3 eetlepels suiker, mosterdpoeier en borrie met die orige asyn en voeg dit by die boontjies en laat 10 minute lank kook
Bottel warm
Foto: Antoinette Welman