
Ons maak weer ‘n Pasta aand. Ek het pasta masjien, dan maak ek pasta (die lint tipe) en elkeen wat kom bring ‘n heerlike pasta sous soos bv. Kaassous met verskillende gerookte worsies op gesny in, of lekker tamatie basil sous met mince of klein Frikkadelle in ens. Dan maak ons lekker slaai en verskillende broodjies daarby! En elke gas bring sy eie bottel wyn van sy keuse saam!
Lorraine Weitz Brand
Mens kan nog net so gasvry onthaal. Ons maak weer pizza aande, My man het sommer ‘n groot boks oorgetrek met foelie (net die kante en die bodem – die flappe afgesny) en dan voorsien ons die pizza basisse en die tamatiesmeer en die kuiergaste moet dan toppings bring. Ons trek dan die rooster ook oor met foelie en so bak elke ou sy pizza. Om die kaas te laat smelt sit ons die oorgetrekte foelieboks onderstebo oor die pizzas. Werk soos ‘n droom!!
Lorraine Weitz Brand
Elke gesin wat kom kuier het moes 2 verskillende worse bring asook twee verskillende broodjies. Ons het die smere voorsien. Was dit nou lekker. Die wors is nadat dit gebraai was, in dieselfde porsies gesny en in ‘n bak gesit- almal saam. Groot verskeidenheid.Dit was so ‘n groot sukses dat ons op die volgende temas besluit het vir die toekoms. Dit moet ‘n voorgereg/hoofgereg/nagereg insluit. Die lekker bly tog maar die geselskap .1. Stok-aand. Alles wat jy op ‘n stokkie kan ryg en oor die kole braai.
2. Blikkie-aand. Keuses is groot . . . vanaf voorgereg tot nagereg.
3. Pot-aand. Hier kan jy wild gaan.
Cezzanne Norman-Hoffmann
Ons het ‘n “around the world” aand gehad waar elkeen ‘n dis gemaak het eie aan ‘n land (soos Italia/ pizza, indian kos, griekse kos ens). Kan ook ‘n sop en brood aand hê, bou jou eie burger en almal bring eie patty en 2 tipes topping. Ook skottelbraai waar elkeen ‘n tipe vleis en ‘n groente bring






