(Resep gekry by my Gasvryheids Juffrou, Kramer… Beste ooit)
3 kwart Mariebeskuitjies
100g botter
1 blik kondensmelk
3 eiers geskei
110 ml suurlemoensap
Breek beskuitjies fyn en smelt botter by, meng en druk in tert bak.
Klits die kondensmelk 3 eier gele en suurlemoen sap goed deur.
Voeg die mengsel by die krummels.
Bak vir 10min in 200*C. Klits die eierwitte styf met 45ml fynsuiker.
Haal die tert uit die oond sit oond op 220*c voeg die meringue bo-op, begin by die kante. Bak verder tot meringue bruin is. PS gebruik 3 grooooot eiers anders is die eierwit bietjie min soos myne.. Haha enjoy!!
RESEP EN FOTO: Liezel Van der Merwe









geskuif