

MINI BROODJIES
Lewer 12 mini broodjies.
Bereiding tyd: 10 min
Baktyd: 1 uur
4 koppies bruismeel
250 g Cheddar kaas gerasper
1 koppie bevrore mieliepitte (opsioneel)
2 koppie maas
1 ui, fyngekap
125 g spekvleis, fyn opgekap
1 handvol grasuie
½ handvol tiemie, gekap (opsioneel)
Voorverhit oond op 180°C.
Smeer 12 mini-broodpannetjies.
Meng meel, die meeste van die kaas (hou bietjie vir bo-oor strooi) mieliepitte, maas, ui en spekvleis in ‘n bak.
Skep deeg in voorbereide pannetjies en bedek met oorblywende kaas.
Bak 1 uur of tot goudkleurig en deurgaar.
Garneer met gekapte grasuie en tiemie en sit voor by ‘n braai.
Marguerette Jutte






