BROODMASJIEN BROOD
RESEP werk baie goed in die Mellerware MAbaker masjien
1 en en ‘n half koppie water.
4 eetlepels melkpoeier (skimmed)
4 eetlepels olie
3 eetlepels suiker
2 teelepels sout
4 koppies KOEKMEEL (NIE BROODMEEL NIE)
1 en ‘n 1/4 teelepels pers pakkie yeast
Nota: Ek gooi so 3/4 koppie semels by vir die heerlikste bruin broodjie. Meng eers die semels en meel, dan meet jy die hoeveelheid af wat verlang word.
Gooi alles in die volgorde in die masjien en volg die instruksies van die masjien
Lekker eet!!! Broodmeel maak die brood swaar
Resep: Jeanette Grib /Jeanette Martins
Foto: Dianne De Swardt Herselman
Ek het maar 5 kg koekmeel gemeng met 380 g semels. En dit is wat ek maar getry het vir n Westpoint broodmasjien. Wel dit het wonderlik gekom.









Ek sukkel so om regtig n treffer te kry uit my broodmasjien, en gaan die weereens probeer. Ek gebruik altyd broodmeel maar sal dan die koekmeel probeer. Dit behoort dit ligter te maak.
Ida ek hoop die een werk vir jou, onthou net met die broodmasjien moet jy baie presies afmeet, as jy dit nie doen nie is jou brood nie reg nie en ja die koekmeel gee vir jou ‘n beter brood… en veral vloeistof moet jy baie presies afmeet. Sterkte