

MARIEBESKUITJIE VRUGTEBLOKKIES
Resep: Elaine Smit
Foto: Martmarie Cotter
FOOD LOVERS RECIPES
Vir ± 30 koekies
2 pakkies Mariebeskuitjies
250 ml suiker
250 g margarien
500 g Safari-vrugtemengsel (“Cake Mix”)
2 eiers, geklits
5 ml vanilla geursel
Roep vir antie Marie. Voer ’n gesmeerde bak uit met een pakkie Mariebeskuitjies. Rol die ander pakkie fyn.
Nou vir die soetigheid. Smelt die suiker en margarien saam in ’n kastrolletjie en gooi die vrugtekoekmengsel daarby. Laat dit vir ’n paar minute prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat dit heeltemal afkoel (anders skif die eiers wanneer jy dit bygooi).
Lê jou eiertjie. Voeg die geklitste eier by die mengsel en roer dit goed deur.
Terug warmplek toe. Sit die kastrol terug op die stoofplaat en laat die mengsel ’n rukkie kook sodat die eier kan gaar word.
’n Goeie geurtjie. Haal die kastrol van die plaat af en roer die vanieljegeursel en fyn koekies by. Skep die mengsel op die koekies in die gevoerde oondbak en druk dit effens vas met ’n lepel. Laat dit afkoel en sny dit dan in blokkies.
Weg sê: Sag en geil en klam! Onthou, hy gaan nie so lank soos ’n gemmerkoekie in ’n blik hou nie. Bêre dié liefs in die yskas.
Martmarie Cotter sê: Ek het sommer marie beskuitjie bo-op ook gepak, dan het hy ‘n beter ” grip” vir mond toe gaan.






