

MAKLIKE NUTTY WHEAT BROOD
½ kg nutty wheat meel
5 g droë kitsgis (half pakkie)
1 eetlepel suiker (ek gebruik bruinsuiker)
1 teelepel sout
Plaas droë bestanddele in bak en meng. Voeg lou water by en meng deeg tot slapperig. Smeer pan of spuit Spray ‘n Cook.
Skep die deeg in pan, sal so twee derdes vol te wees.
Rys: 40 minute teen 40°C. Bak: 40 minute teen 180°C. Voorverhit oond.
Ek gebruik oudergewoonte my glas konveksie oond. Ek gebruik ook ‘n baie ou vierkantige broodpannetjie, met ‘n uitdruk bodem.
Resep eb foto: Eastwood Loftus Nel






